Ongelukkig mag ons nie ‘n tradisionele Kermis by die kerk hou weens Covid-19 regulasies nie, maar ons tuisgemaakte ingelegde produkte is beskikbaar en te koop teen baie billike pryse.  Dit is ‘n fondsinsameling vir Lorraine Gemeente.

Verskeidenheid konfyte, blatjang en ingelegde vrugte / slaaie is beskikbaar.

Chilli blatjang  –  R30

Ingelegde beet  –  R30

Ingelegde perskes of kwepers  –  R45

Konfyt  –  R40

(Konfyte beskikbaar:  Marmelade,  Appelkoos,  Koejawel,  Perske,  Pynappel,  Makataan & Pynappel,  Druiwe asook Tamatiekonfyt.)

Slaaie  –  R30 / R40  (na gelang van grootte bottel)

(Slaaie beskikbaar:  kerrie bone;  koperpennie;  wortel & pynappel;  mielie;  noedel;  piekel uie en nog vele meer!)

Vir meer inligting en bestellings skakel vir Naomi (082 726 1867) of Francis (082 424 8219).