Ons benodig asseblief persone om te help brei aan musse vir seemanne!  Jy is welkom om jou eie patroon te gebruik vir die musse.  Indien jy jou eie patroon gebruik, hou asseblief in gedagte dat dit geskik moet wees vir volwasse mans.  Enige kleur wol kan hiervoor gebruik word, maar verkieslik ‘n donker kleur.  Ons brei regdeur die jaar musse vir seemanne en nie net in die wintermaande nie.  Hierdie musse vorm deel van die uitreikprogram van Biblia Hawesending.

Vir meer inligting en vir die aflewering van die musse, skakel asseblief vir Isabel Strydom by 041-3673095.