Dit stel jou in staat om enige betaling en/of donasie te doen as jy die Zapper toepassing het op jou selfoon.  

Wanneer jy ‘n betaling doen is daar ‘n verpligte verwysingsveld wat voltooi moet word.  Dié verwysingsveld se beskrywing is vir bv. kollekte, maandelikse bydrae, jubeloffer, sending donasie, ens.  Dit stel ons in staat om presies te weet waarvoor jou betaling en/of donasie is en sodoende enige misverstande uit die weg te ruim.

Die Zapper kode wat jy moet gebruik vir skandering, is ook beskikbaar onder die afdeling ‘Kontak ons’ op dié webwerf.