WELKOM BY AVONTUURWEEK!

Kom ervaar Jesus se liefde, waar jy HOM kan vertrou in ‘n WILDE WÊRELD!

07 – 11 Julie 2025
08:00 – 13:00

WAT IS AVONTUURWEEK?

Avontuurweek is ‘n vakansiebediening vir kinders van 4 jaar tot Graad 6 en bied vir kinders die geleentheid om die Here te leer ken en Hom te dien met hul lewe. Dis ‘n week vol verassings, pret en ‘n plek om nuwe vriende te maak.

Die kinders gaan deur Bybel-avonture, kuns en speel. Hulle ervaar God se liefde en leer dat hulle God kan vertrou in die WILDE WÊRELD daar buite!

Die kinders word in kleingroepe ingedeel. Kinders 13 – 18 jaar oud tree as kleingroepleiers op.  Hulle neem dan die verantwoordelikheid vir die versorging van hulle groep.  Behalwe vir die kleingroepleiers is daar ook min of meer 40 volwassenes wat die program aanbied en die toesig behartig.

INSKRYWINGS GESLUIT!

Maak seker om volgende jaar betyds jou kind se plek te bespreek!