Alpha

Die Alpha kursus, wat gewoonlik oor tien weke strek, leer kursusgangers die basiese waarhede van ons Christelike geloof. Dit bied die geleentheid om op die sin en betekenis van die lewe op `n gemaklike manier te ontek. Die kursus word een maal per jaar in die gemeente, verkieslik in eerste semester van die jaar aangebied, tensy die Here ons lei om twee kursusse aan te bied. Oor die algemeen word Alpha Donderdag oggende- sowel as aande aangebied, afhangende van die belangstelling. As deel van die kursus, gaan kursusgangers vir `n naweek weg wat bekend staan as die Heilige Gees naweek. Hierdie naweek/dag fokus op die verstaan van wie die Heilige Gees is en wat die werking van die Heilige Gees in ‘n Christen se lewe behoort te wees. Gedurende die periodes waar Alpha of Freedom in Christ nie aangebied word nie, kom leiers bymekaar om saam te bid vir “Fellowship-“ en opleidingsaande te hê. Almal wat die kursus voltooi, kan getuig hoe lewens verander word. Daar is geen koste om die kursus by te woon nie.

Kontakpersoon: Johan Sieberhagen (083 453 2376)

Freedom in Christ

Feedom in Christ het ten doel om mense die waarhede van die Skrif te leer, dit te glo, en dan in daardie waarheid te leef. Dit word as `n opvolg-kursus van Alpha aangebied. Daarom probeer ons om Freedom in Christ, wat gewoonlik oor veertien weke strek, in die tweede semester van die jaar aan te bied. Die kursus skop af met sleutel waarhede wat groeiende dissipels nodig het om te weet. Daarna volg dinge wat mense van die waarheid weghou (die wêreld, die vlees, die duiwel). Die derde deel gaan oor hoe ons die negatiewe gevolge van ons verlede deur Jesus Christus kan oorkom. Laastens word kursusgangers toegerus om vas te staan in hulle geloof asook hoe om hulle verhoudings en doelwitte volgens Christelike beginsels uit te leef. Ná afloop hiervan gaan kursusgangers vir `n retraite-naweek weg. By hierdie geleentheid word die gaste gelei deur sewe stappe tot vryheid. Daar is geen koste om die kursus by te woon nie.

Kontakpersoon: Johan Sieberhagen (083 453 2376)