WELKOM BY AVONTUURWEEK!

RAINFOREST FALLS – Exploring the Nature of God

Kom ervaar die Natuur van God in die woud, tussen watervalle & helder plante!

06 – 10 Julie 2026
08:00 – 13:00

WAT IS AVONTUURWEEK?

Avontuurweek is ‘n vakansiebediening vir kinders van 4 jaar tot Graad 6 en bied vir kinders die geleentheid om die Here te leer ken en Hom te dien met hul lewe.  Dis ‘n week vol verassings, pret en ‘n plek om nuwe vriende te maak.

Die kinders gaan deur Bybel-avonture, kuns en speel. Hulle ervaar God se liefde en leer oor die Natuur van God tussen bome, watervalle, diere en helder plante.

Die kinders word in kleingroepe ingedeel. Kinders 13 – 18 jaar oud tree as kleingroepleiers op.  Hulle neem dan die verantwoordelikheid vir die versorging van hulle groep.  Behalwe vir die kleingroepleiers is daar ook min of meer 40 volwassenes wat die program aanbied en die toesig behartig.

Volg hierdie skakel om jou kind in te skryf (kinders 4 jaar – Graad 6):

KLEINGROEPLEIER

Liewe Kleingroepleier – lees asb. eers voor jy inskryf as Kleingroepleier!

JY is genooi om die liefde van die Here uit te leef en so ‘n verskil te maak en self te groei!  Ons soek leiers wat bereid is om hul tyd op te offer en ‘n passie het om Jesus se liefde met kinders te deel.

As kleingroepleier gaan jy in die week verantwoordelikheid moet neem vir 4-8 kinders wat by jou ingedeel gaan word.  Jy gaan verantwoordelik wees vir hulle veiligheid en versorging.

Om ‘n Kleingroepleier te wees moet jy Graad 7 en ouer wees. Natuurlik is dit belangrik dat jy ‘n verhouding met die Here het en dat jy hierdie week jou alles sal gee.

Ons gaan een aand vir die leiers ‘n aandprogram aanbied, waar jy jou medeleiers kan leer ken en lewenslange vriende kan maak. Natuurlik mag jy ook nie die gratis afsluitingsfunksie mis nie!  Dis nog ‘n hoogtepunt van die week. 

Die opleidingsgeleenthede is baie belangrik om by te woon, sodat jy sal weet wat van jou verwag sal word. Daar word twee opleidingsgeleenthede aangebied: kleingroepleiers alleen en dan een vir die hele Avontuurweekspan. 

Die week voor Avontuurweek (29 Junie 2026 – 3 Julie 2026) is voorbereidingsweek, elke dag van 08:30 – 13:00, waar ons die lokale se dekor en alles regkry vir die week wat voorlê.  Kleingroepleiers word gevra om hierdie week deel van die pret te wees en so ook lekker verhoudings te bou!

Ons sien uit daarna om saam met jou hierdie twee weke ‘n ware avontuur te beleef.  Ons weet sommer dat jy dit gate uit sal geniet!

Volg hierdie skakel om in te skryf (Kleingroepleiers: Graad 7 – Graad 12):

SPAN & MENTORS

Kom word deel van die Span & Mentors!

Avontuurweek bied nie net die geleentheid vir ons kinders en tieners om ‘n week van baie avonture en geestelike groei te beleef nie, maar ook vir jou as ouma, ouer, lidmaat of student.

Ons wil jou nooi om betrokke te raak.  Kom deel die liefde van Jesus Christus, wat enig in sy soort is, sodat dit nie net iets sal wees wat ons sal sê en vir die kinders sal leer nie, maar dat hulle dit in jou lewe sal sien en daardeur ook God se liefde vir hulle sal beleef.

Daar is verskillende plekke waar jy betrokke kan raak, van skottelgoed was tot stasies aanbied.  Kom word deel van die span wat avontuurweek moontlik maak.

Die opleidingsgeleentheid is baie belangrik om by te woon, sodat jy sal weet wat van jou verwag sal word.

Die week voor Avontuurweek (29 Junie 2026 – 03 Julie 2026) is voorbereidingsweek, elke dag van 08:30 – 13:00, waar ons die lokale se dekor en alles regkry vir die week wat voorlê.  As jy kan help, sal ons dit baie waardeer.  Dit is harde werk, maar tonne pret!

Die afsluitingsfunksie is gratis, as ‘n dankie-sê vir jou harde werk.  Jy is welkom om ‘n metgesel saam te nooi.

Volg hierdie skakel om in te skryf (Span – 19 jaar en ouer):

Navrae: kiclorraine@gmail.com of WhatsApp: 072 358 9114 (Danike Wasserman)

Almal word uitgenooi na die AVONTUURWEEK UITSTUURDIENS: SONDAGAAND 05 JULIE 2026 om 18:00 in die Kerkgebou! Kom ervaar die afskop van hierdie wonderlike avontuur!

Lorraine Gemeente neem slegs 250 kind inskrywings!
Ins
krywings sluit: 24 Junie 2026
Inskrywingskoste (R260pp) moet teen 26 Junie 2026 betaal wees – bankbesonderhede beskikbaar op “Google Form” en regs onder op webtuiste.