Vorms

Volg asb. die korrekte skakel vir die vorm wat u wil voltooi

2026 KATEGESE INLIGTING

Hiermee verskillende ouderdomsgroepe beskikbaar:

PIX’s is ‘n Gesinsbediening in die Lapa vir ouers met kinders van ouderdom 2 – 6 Jaar (Gr. R).

KIC is na afloop van die Gesinsdiens in die saal (09h30 – 10h00) & word by verskeie klaskamers ingedeel.
KIC is vir kinders van Graad 1 – Graad 6. Tydens KIC, is daar ‘n volwasse boodskap vir ouers in die saal.

ARISE is vir ons tieners & word om 17h00 in die vierkant & saal aangebied, waar hulle aangemoedig word om by ons Kuierkerk in te skakel van 18h00 – 19h00. Arise is vir kinders van Graad 7 – Graad 10, asook die Graad 11 groep wat die Belydenisklas van 2026 is.

Registrasiefooi

Registrasiefooi van R200-00 is betaalbaar vir alle ouderdomsgroepe.
Jou kind se registrasiefooi word binne die gemeente se begroting gebruik om die totale bediening van ons jongmense en families moontlik te maak & sluit alle materiaal in.
En natuurlik gaan ons niemand wegwys of benadeel as hulle nie die R200-00 kan betaal nie.
Gesels asseblief met Danike Wasserman by 041 367 2284 (Kerkkantoor) hieroor.
Jy kan jou kind(ers) se registrasiefooi elektronies inbetaal.

Bankbesonderhede:
Rekening: ABSA
Rekeningnommer: 1400590016,
Takkode: 632005
Verwysing: Graad & Naam
Stuur asb. bewys na kiclorraine@gmail.com

Ons bly bid vir die geloofsvorming van ons jongmense… sodat hulle, hul geloofstuiste sal kry in Lorraine Familiekerk! 

Vir meer inligting kontak asseblief:
Danike Wasserman
Jeugkoördineerder
kiclorraine@gmail.com of 041 379 2284 of 072 358 9114 (Jeug Whats’App)

MENTORSKAP: 2026

Ons het ‘n behoefte aan MENTORS hoe meer mentors ons het, hoe
meer effektief kan die groepwerk gedoen word, asook fokus op verhoudings.

Skakel asseblief Danike as die Here dit op jou hart lê om op hierdie manier diensbaar te wees.
Daar is 3 verskillende opsies: Alleen mentor, Deel Mentor of Uithelp-mentor

KATEGESE INSKRYWING: 2026

Met dié nodige inligting kan ons die databasis opdateer & seker maak jou kind word nie gemis nie.