WAT IS AVONTUURWEEK?

Avontuurweek is ‘n wintervakansiebediening aan kinders van 4 jaar tot Graad 6 en bied vir kinders die geleentheid om die Here te leer ken en Hom te dien met hul lewe.  Dis ‘n week vol verassings, pret en ‘n plek om nuwe vriende te maak.

Die kinders gaan deur Bybel avonture, kuns, drama en speel. Hulle ervaar hoe God se liefde hulle deur die donkerste tye van hulle lewe dra en dat Hy ‘n vriend vir almal is!

Die kinders word in kleingroepe ingedeel. Kinders 13 – 18 jaar oud tree as kleingroepleiers op.  Hulle neem dan die verantwoordelikheid vir die versorging van hulle groep.  Behalwe vir die kleingroepleiers is daar ook min of meer 40 volwassenes wat die program aanbied en die toesig behartig.

Hou dié bladsy dop vir 2026 datums en inskrywingsvorms.