Doop Aansoekvorm
Voordat u die vorm invul moet u asseblief die volgende lees.
- Doop Sondag
Elke tweede Sondag van die maand (sien gemeente kalender).
- Afdeling A
Hierdie deel moet u asseblief so noukeurig moontlik voltooi, want dit is hoe u kind in die gemeente se register aangeteken gaan word.
- Afdeling B & C
Moet noukeurig deur u voltooi word nadat u as ouers die doopboek deur gegaan het. Die predikant sal hierdie gedeelte van die vorm met u behandel. Die doopboek ontvang u by die skriba – kerkkantoor.
Nadat u die vorm volledig voltooi het, skakel asseblief een van die predikante en reël ‘n afspraak vir u doopkategese. Omdat dit so ‘n belangrike gesprek is, moet u asseblief reël dat iemand vir hierdie uur afspraak, na die baba (en u ander kinders) sal omsien. Albei ouers moet teenwoordig wees vir dié doopkategese.
Nadat u die doopkategese voltooi het, moet u asseblief dié vorm na die kerkkantoor neem – minstens 1 week voor die beplande doop. Die predikant moet asseblief eers die vorm onderteken.
FOTO’s
E-pos asseblief ‘n gesinsfoto (waar die dopeling by is) & ‘n foto van die dopeling (op sy/haar eie) na ngkerk.lorraine@gmail.com minstens 5 dae voor die beplande doop. Ons plaas die gesinsfoto op die “big screen” tydens die doop geleentheid. Die foto van die dopeling word teen die doopmuur in die moeders-kamer geplaas. (NB! E-pos asb die foto’s in die kleinste moontlike formaat.)
PREDIKANTE
Ds Heinrich Carstens : 083 566 1490
Ds Barbara-Mari Jacobs : 084 900 6816
Ds Gerhard Loubser : 083 656 3377 of 041 379 5034